Donderdag 24 April 2014
Tuisblad / Nuus / Amptenaar erken skiet van seekoei

’N Seekoei-koei is onlangs by die Roodeplaatdam, noordoos van Pretoria, doodgeskiet.

Tshwane-Beeld het verneem dat die departement van landbou en landelike ontwikkeling die opdrag gegee het om die seekoei te skiet.

Volgens ’n amptenaar van die departement, wat nie sy naam bekend wil maak nie, is die seekoei op 21 Maart doodgeskiet.

Daar was glo twee seekoeie in die dam, maar een van hulle het glo terugbeweeg oor die Molotopad na die Landbou-navorsingsraad se gronde. Die ander een is geskiet.

“Dit was ’n baie gevaarlike situasie. Seekoeie maak meer mense in Afrika dood as enige ander dier.

“Ons het die seekoei doodgeskiet in opdrag van senior bestuurslede. Hulle het gevoel dat mense se lewens in gevaar was,” sê hy.

Volgens Bernie van Nieuwenhuizen (29), ’n rubriekskrywer vir die tydskrif Stywe lyne, wat op visvang fokus, was sy op dié spesifieke dag ook by die Roodeplaatdam.

“Ons het gesien hoe ouens op bote rondjaag op soek na die seekoeie. Ek wou in my rubriek noem dat daar seekoeie in die dam is, maar toe ek begin rondvra, wou die amptenare van natuurbewaring dit nie bevestig nie.

“Ek glo nie hulle het die nodige permitte gehad om die seekoei te skiet nie,” sê sy.

Sy is ook van mening dat dit nie nodig was om die seekoei te skiet nie.

“Almal is ewe skielik baie stil, maar ek ruik ’n groot stink rot.”

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom