Vrydag 25 April 2014
Tuisblad / Nuus / Louis Fish se Blou Bul vas ná hy dronk bestuur

Schalk van Heerden ’n 21-jarige rugbyspeler is onlangs in Centurion by Pretoria vasgekeer ná hy dronk “maar in beheer” van ’n pub af bestuur het.

Van Heerden speel vir die Blou Bulle in die Vodacom-bekerreeks.

Hy was onlangs nié vir sy rugby vernuf in die kollig nie, maar vir sy jong verhouding met Loui Fish, die oud-model en TV-persoonlikheid wat byna twee keer ouer as hy is.

Van Heerden is volgens, Janis Ellis, van The Fame Factory PR, (op Vrydag 15 Maart) afgetrek deur die polisie nadat hy by ’n musiekvertoning in Lyttleton was.

Die sanger Pieter Smith het in die Firkin-pub in Centurion opgetree, waar Van Heerden was.

“Hy was in totale beheer van sy motor en nie dronk of enigsins buite beheer nie.”

Ellis sê sy intensie was geensins om die wet te oortree nie.

Volgens Ellis voel hy “vreeslik sleg” oor die voorval.

“As rugbyspeler en rolmodel is hy ’n groot voorstaner van ’n gesonde en verantwoordelike leefstyl en sal nooit bevraagtekenbare gedrag goedkeur of ondersteun nie.”

Dit is egter onbekend of Fish saam met haar jong kêrel in die voertuig was toe hy afgetrek is.

Van Heerden is die jonger broer van Wicus en seun van die voormalige Springbok Moaner van Heerden.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom