Tuisblad / Nuus / Skool met beste gees in 2013 gesoek

Watter skool se geesbeker loop oor?

Dít is die vraag wat Tshwane-Beeld in samewerking met Rippel 90.5FM en Theron’s Vleis vanjaar wil beantwoord.

Rippel 90.5FM gaan sy ontbytprogram elke tweede Vrydag van die maand tussen 06:00 en 09:00 by ’n skool uitsaai. Daar sal onderhoude gevoer word met onder andere die hoof, leerlinge, onderwysers en ouers.

Tydens elke regstreekse uitsending sal ’n bekende sanger nie net by die skool optree nie, maar saam met een leerling en een onderwyser aan ’n kookkompetisie deelneem. Hulle gaan elkeen ’n mandjie bestanddele kry en moet ’n gereg vir ’n kind se kosblik optower wat eerstens gesond is.

Die wenresepte sal in ’n resepteboek saamgevat word.

Nog ’n taak vir die skool gaan wees om ’n bydrae vir liefdadigheid te lewer. Tydens die regstreekse uitsending moet die skool besonderhede van sy liefadigheidsprojek gee en ook wat hy daarmee bereik het.

Die laaste taak is dat die skole deur die loop van die jaar ’n sierwa bou. Dié sierwaens sal in November aan ’n groot parade deur Pretoria se strate deelneem.

Op daardie dag word die skool met die beste gees in 2013 aangewys.

) Vir meer inligting stuur ’n e-pos na riaan@rippel.co.za of skakel 00123492574 gedurende kantoorure.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Vrydag 2013-05-24
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 23° icon
BLOEM 3° - 24° icon
DBN 14° - 27° icon
PE 12° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs