Donderdag 24 April 2014
Tuisblad / Nuus / Berea-sportklub vervalle

Gebreekte mure en ’n paar blokkies van wat eens pragtige houtvloere was.

Dít is al wat oor is van die historiese Berea-sportklub en -saal in Berea.

Beareapark was vir lank die tuiste van die Noord-Transvaal- krieketspan.

Anton Jansen, hoofbeampte van die Tshwane-geboue-erfenisvereniging, poog al jare om dié erfenisgebou te red.

“Benewens dat alles binne dié gebou al gesteel en verwoes is, begin diewe nou ook bakstene uit die mure kap en steel,” sê Jansen.

“Dit het ook ’n nes vir sluipslapers geword,” voeg Jansen by.

Volgens hom het hy in 2010 ’n ’n brief aan die nuwe eienaars gestuur en hulle daarop gewys dat hulle die Erfeniswet van 1999 oortree en onmiddelik moet optree om die gebou teen vandalisme te beskerm.

“Ek het geen antwoord ontvang nie,” sê Jansen.

Daar het ook in 2010 ’n brand ontstaan wat verdere skade aan die gebou aangerig het.

Dit is nooit herstel nie.

Dié gebou behoort aan die departement van openbare werke, wat dit verhuur.

Volgens Patronella Goitsemang Molaeng, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, kan hulle niks aan die situasie doen nie omdat die gebou nie aan hulle behoort nie.

Hoewel die Berea-sportklub nie ’n munisipale gebou is nie, sê Jansen dat die metroraad steeds ’n verantwoordelikheid het wat betref dié gebou.

Die gebou is in 1907 deur genl. Jan Smuts geopen. So waarom is dit so belangrik dat juis dié gebou, wat ook sportgronde insluit, gerestoureer word?

“Benewens dat dit deel van die erfenis van Pretoria is, is daar ander redes ook,” sê Jansen.

“Die Berea-gebied is een van die ingangspoorte na Pretoria en die stadsraad het ’n plig om dit aantreklik te maak.

“Hulle het ook ’n plig teenoor die inwoners van Berea om dié klub, weer in ’n ontspanningsgebied te omskep,” sê Jansen.

Volgens hom woon ongeveer 12000 inwoners in die gebied rondom die klub.

“Die inwoners, en veral kinders, het nêrens om te ontspan of speel nie.

“Die munisipaliteit kan selfs ook die sportgronde opknap sodat inwoners daar kan sokker speel,” sê hy.

Die klubgebou sowel as klubsaal wat in 1926 aangebou is, was eens ’n plek waar sportbyeenkomste en verskeie ander geleenthede gereeld aangebied is.

Daar was selfs ’n regte dansbaan met vere onder die vloer, asook ’n loopbrug wat die klubgebou en klubsaal verbind het.

Jansen meen die vernietiging van die gebou is ook uit ’n

argitektoniese oogpunt baie hartseer omdat soveel styl,

detail en unieke afwerkings in die bou en ontwerp van die gebou ingegaan het.

)Die departement van

openbare werke het teen druktyd nie op Tshwane-Beeld se herhaalde navrae gereageer nie.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom