Woensdag 16 April 2014
Tuisblad / Oom Piet kry sy plek by Affies

Met die viering van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) se 93ste verjaardag het die borsbeeld van genl. Piet Joubert sy eie staanplek in die binnehof van dié skool gekry.

Wanneer ’n mens bietjie in die geskiedenis delf, kom jy agter dat die verbintenis met Oom Piet en Affies al van toeka se tyd af kom.

Genl. Piet Joubert se seun Jan, wat ook een van die stigterslede van die skool is, het hul familiewoning in Visagiestraat in 1920 as die eerste skoolgebou van die destydse Afrikaanse Hoërskool beskikbaar gestel.

Dus het Affies, wat nou byna ’n eeu oud is, baie aan die Joubert-gesin te danke.

In 1930 het die Afrikaanse Hoërskool in twee verdeel en so het Afrikaanse Hoër Meisieskool en Afrikaanse Hoër Seunskool ontstaan.

Hulle vier steeds elke bestaansjaar saam en het vandag weer so gemaak.

Die borsbeeld, wat deur die beeldhouer Phil Minnaar geskep is, het oor die jare nooit vir lank sy eie staanplek gehad nie, maar is oral rond geskuif.

Hy het vir ’n wyle in Affies se mediasentrum gestaan, maar moes gereeld plek maak vir funksies en aangeleenthede.

Nou het Oom Piet uiteindelik ’n welverdiende rusplek gekry het waar almal hom kan sien.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom