Tuisblad / Nuus / Ysskaatsbaan sluit; span moet ontbind

Die aankondiging dat die ysskaatsbaan in die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria-Noord dié maand finaal gesluit gaan word, het tot die ontbinding van die Warriors-yshokkieklub gelei.

Beeld het voorheen berig dat die sluiting van dié baan die lot van talle yshokkiespanne, sowel as ysskaatsers, beïnvloed.

Volgens Hannes Botha, visepresident van die Suid-Afrikaanse yshokkievereniging, het dié sportsoort ’n groot terugslag beleef en sy spanne kon nêrens oefenplek kry wat ook sakpas is nie.

Dit het gelei tot die ontbinding van die Warriors-yshokkieklub.

“Die grootste oorsaak was maar koste,” sê Botha. “Noudat ons nie meer in Pretoria kan oefen nie, sal ons verder moet ry en nie almal kan dit bekostig nie.”

Volgens Botha is hy wel besig om ’n nuwe span, Pretoria Capitals, op die been te bring. “Ons gaan probeer om een keer ’n maand in Vereeniging te oefen,” sê hy.

Hulle wou aanvanklik by die ysskaatsbaan in die Festival-winkelsentrum in Kempton Park gaan oefen, maar al die oefentye daar is reeds bespreek.

Dit sou steeds beteken het dat hulle baie verder sou moes ry om te oefen.

Intussen het die Menlyn-rolskaatsbaan sy bane aan die yshokkiespelers beskikbaar gestel.

“Dis nou nie ys nie en ons kan nie met ons skaatse oefen nie, maar dis al wat ons nou kan doen,” sê Botha.

Daar is sprake dat ’n ysskaatsbaan later vanjaar in The Grove-winkelsentrum in Pretoria-Oos oopmaak, maar dié sentrum se bestuur kon dit teen druktyd nie bevestig nie.

)Enigeen wat belangstel om by die Pretoria Capitals betrokke te raak, kan Botha by 00824914544 skakel vir meer inligting.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Maandag 2013-05-20
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 24° icon
PTA 8° - 22° icon
JHB 8° - 21° icon
BLOEM 4° - 22° icon
DBN 14° - 24° icon
PE 13° - 24° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs