Vrydag 18 April 2014
Tuisblad / Artikels / Van hospitaal na eksamen-lokaal!

Hy het verlede jaar tydens die Julie-eksamen ’n blindederm-operasie ondergaan en twee dae daarna steeds sy wetenskap-vraestel gaan skryf.

Vir Luhan Weideman, oudleerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, was dit soos niks om as’t ware uit die hospitaal na die eksamen-lokaal te beweeg nie.

En selfs ná die klein dramatjie, het sy akademie van krag tot krag gegaan. Hy het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, besigheidstudies, ekonomie, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering.

“Ná my operasie het die dokter my afgeboek vir ’n week,” het Luhan gesê. Maar hy het vinnig verveeld geraak by die huis en gaan eksamen skryf.

Dit is te danke aan die tyd dat hy in die hospitaal deurgebring het, dat hy B.Sc biologiese wetenskappe wil studeer by Tuks.

“Ek onthou hoe narkose my pyn weggevat het. Ek wil dit my werk maak om ook ander se pyn weg te vat.”

As dié aspirant dokter ontspan, speel hy graag gholf.

“Ek ook speel kitaar en oefen gereeld.”

Sy ma, Elma, is ’n prokureur en sy pa, Lucas, is ’n bestuurder by Cassidian.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom