Tuisblad / Artikels / Skaakmat vir Lenké!

Skaakmat!

Dít is wat Lenké van Aarde waarskynlik vandag sê nadat sy gehoor het sy het sewe onderskeidings behaal.

Die oudleerling van die Hoërskool Menlopark, in Pretoria, is ’n kranige skaakspeler en het vir drie jaar deelgeneem aan die nasionale skaak-kampioenskappe.

Tussendeur het sy darem geleer ook, want sy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, musiek, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde en lewenswetenskappe.

“Ek hou daarvan om skaak te speel en klavier is ’n ander groot liefde in my lewe.”

Lenké het reeds haar gr.7-musiekeksamen in klavier deur Unisa voltooi.

Sy het keuring gekry om aan die Vrystaatse Universiteit medies te gaan studeer.

“Ek sal graag ’n radioloog of ’n dermatoloog wil word,” het Lenké gesê.

Haar ma, Roleen, is ’n apteker en haar pa, Francois, is die besturende direkteur van die maatskappy Alexander Forbes.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Saterdag 2013-05-25
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs