Donderdag 24 April 2014
Tuisblad / Artikels / Bang vir bloed, maar nie vir syfers

Toe Lara Matzner haar mede-hokkiespeler eendag met ’n bal teen die kop tref en die bloed sien vloei, het haar drome van dokter word gou by die venster uitgewaai.

Sy het besef sy hou nie van bloed nie.

Met sewe onderskeidings het Lara, ’n leerling aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria, besluit om eerder B.com rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria te studeer.

Sy het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, Duits, wiskunde, fisiese wetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering,

Hoewel sy ’n natuurlike aanleg vir syfers het, het sy Duits baie geniet, deels omdat haar pa, Dieter, Duits is en die vak vir haar maklik was.

Sy is baie veelsydig en het in Menlopark se eerste hokkiespan gespeel, vir die skool koor gesing en tennis gespeel.

Lara se pa is ’n meganiese ingenieur en haar ma, Laura, is ’n binnenshuise ontwerper.

Lara sal vanjaar in die koshuis Huis Madelief tuisgaan. “Ek sien baie uit na die jaar wat voorlê maar is ook bietjie bang omdat dit so bietjie intimiderend is,” het sy gesê.

 

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom