Tuisblad / Artikels / Frikkie speel ‘mooiste’ instrument in orkes

Hy speel trompet, omdat dat dit “die opvallendste en die mooiste instrument in enige orkes is.”

Só het Frikkie Snyman van Affies trots gesê.

Hy speel dié instrument in die skool se orkes en die Suid-Afrikaanse jeugorkes.

Volgens Frikkie laat musiek hom ontspan.

Die slimkop het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, musiek, inligtingstegnologie en fisiese wetenskappe gekry.

“Ek gaan B.Sc rekenaarwetenskappe by Tuks studeer om uiteindelik interaktiewe programmatuur te programmeer.”

Hy hoop om eendag ’n naam vir homself in sy beroep te maak.

Frikkie is nie net ’n boekwurm nie. Hy het drie jaar lank aan die ATKV se nasionale debat-kompetisie deelgeneem.

Hy het nooit ’n tekort aan woorde nie. “Ek hou baie van lees.”

Sy ma, Leonie, is ’n boekhouer vir ’n prokureursfirma en sy pa, Leon, is ’n mediese professor.

Volgens Frikkie is hy ook ’n kranige gholfspeler.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Saterdag 2013-05-25
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs