Tuisblad / Artikels / Pretoriase skoolhoofde vereer

Pretoriase skoolhoofde wat onlangs ná jare in die onderwys uitgetree het, is deur die ATKV Centurion vereer vir die bydrae wat hulle tot die Afrikaanse taal en kultuur gemaak het.

“Ons gee aan dié hoofde erkenning vir hul leierskap ten opsigte van norme en waardes in die onderwys en opvoeding van ons kinders,” het Sakkie Kotze, voorsitter van die ATKV Centurion gesê.

Die skoolhoofde is Tom Theunissen, Faan Potgieter, Albert Verster, dr. Carl van der Merwe en Christo Pretorius.

Theunissen het altesaam 44 jaar van sy lewe aan onderwys gewy en was vir die afgelope 23 jaar die skoolhoof van die Laerskool Lindopark in die ooste van Pretoria.

Potgieter, wat 42 jaar gelede met sy onderwysloopbaan afgeskop het, was 22 jaar lank die skoolhoof van die Laerskool Kwaggasrand in Pretoria-Wes.

Hy was regdeur sy onderwysloopbaan by Pretoriase skole betrokke waaronder die laerskole Pierneef, Hendrik Verwoerd en Wonderboom.

Verster, wat ook al 42 jaar lank in die onderwys is, was die afgelope 19 jaar die skoolhoof by die Laerskool Elarduspark in die ooste van Pretoria.

Van der Merwe het onlangs ná 41 jaar in die beroep uitgetree. Hy was vir byna drie dekades lank die skoolhoof by die Horskool Menlopark, ook in die ooste van Pretoria.

Pretorius se beroepsloopbaan in die onderwys het 40 jaar geduur en hy was vir 27 jaar die skoolhoof van die Laerskool Stephanus Roos in die noorde van Pretoria.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Dinsdag 2013-05-21
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 13° - 26° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 22° icon
BLOEM 4° - 23° icon
DBN 13° - 25° icon
PE 11° - 30° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs