Vir Lyle Pienaar (35) en Wilhelm McLachlan (29) was die Comrades-wedloop kinderspeletjies in vergelyking met die daaglikse stryd wat jong kankerlyertjies voer.
Tshwane-Beeld het vroeër berig dat dié twee Pretorianers die Comrades gaan hardloop om geld in te samel vir die Steve Biko-hospitaal se pediatriese onkologie-afdeling.
Verlede week kon dié afdeling uiteindelik die opening van sy nuut opgeknapte kleutersaal vier, als te danke aan Pienaar en McLachlan se skenking.
Volgens dr. David Reynders, hoof van kinderonkologie by dié staatshospitaal, was die skenking van R70000 meer as wat nodig was om dié saal te kan verf, van nuwe beddegoed te voorsien en met kleurryke plakstukke te versier.
Die hospitaal gaan die res van die geld gebruik om die ander sale ook op te knap.
Mariska Batt was daar met haar kamera.