Net ’n bietjie liefde... dit is al wat Brakenjan vir Kersfees wil hê. Dié basset is net een van vele honde wat nou deur die Tshwane-dierebeskermingsvereniging (DBV) versorg word. Volgens Korky Levanon, woordvoerder van die DBV, word hulle in die feestyd oorval met verlore troeteldiere. “Ons het nagenoeg 12 ton droë hondekos nodig om ons deur dié besige tyd te dra,” sê Levanon. Die Tshwane-DBV bestaan uit takke in Waltloo, Centurion en Kungwini. Indien jy ’n dier wil aanneem of hondekos wil skenk, skakel 012 803 5219.