Laerskool Anton van Wouw se swemspan het vanjaar vir die sewende agtereenvolgende keer die A-swemliga gewen. “Swem groei teen ’n geweldige tempo by ons skool. Ons kan ook met trots sê dat swemmers soos Rita Naudé en Vanessa Mohr uit ons stal kom,” sê Marica Botha, bemarkingsbestuurder by dié skool.