Tuisblad / Nuus / Puik prestasies in alpha-wiskunde

Ondanks yslike uitdagings wat betref die verbetering van skoliere se prestasie in wiskunde in die land het Pretoriase matrikulante wat die jaarlikse alpha-wiskunde-vraestel geskryf het, uitstekend gevaar.

Die vraestel is vanjaar vir die vyfde keer aangebied en deur sowat 300 leerlinge van hoofsaaklik Gauteng geskryf. Daar was ook leerlinge van Noordwes en Mpumalanga. Alpha-wiskunde is ontwikkel nadat addisionele wiskunde as skoolvak afgeskaf is toe die nuwe kurrikulum in werking getree het.

Leerlinge wat sterk is in wiskunde en verdere studie in rigtings soos ingenieurswese en finansies oorweeg, neem alpha-wiskunde.

Dr. Carel Kriek, hoof van die Midstream-kollege, naby Midrand, en moderator van dié vraestel, het gesê dis “hoëvlak-wiskunde wat kandidate goed vir universiteite voorberei”.

Die leerlinge se gemiddelde vir die vraestel was volgens hom 67%.

Die 20 toppresteerders het 95% of meer behaal. “Dié prestasie wys daar is ook goeie nuus oor wiskunde in die land,” sê Kriek.

Daar is ses kandidate van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria onder die top-20.

Die leerling wat die beste gevaar het en 100% in die vraestel behaal het, is Andri Joubert van die Hoërskool Eldoraigne in Centu- rion. Die ander toppresteerders is: Alkmaar Swart (99%) van Affies, Francois Lamont (98%) van Affies, Clarindi Greeff (98%) van Affies Meisies, Izak Haasbroek (98%) van Affies, Marcel Coetzee (97%) van die Hoërskool Waterkloof, Ryno de Korte (97%) van Affies, Ruan Erlank (97%) van die Hoërskool Zwartkop in Centurion, Christiaan van Schoor (97%) van Affies, Izak Blom (96%) van die Hoërskool Waterkloof, Johannes Conradie (96%) van Affies, Charl Jooste (96%) van die Hoërskool Waterkloof, Greta Labuschagne (96%) van Affies Meisies en Lukas Jansen van Vuuren (95%) van die Hoërskool Garsfontein.

 

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Dinsdag 2013-06-18
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs