Tuisblad / Artikels / G’n fout; hy wil emosie terug in musiek sit

Len Muller (29) van Kilnerpark in die Pretoriase Moot het pas sy eerste solo-album uitgereik.

Muller, oorspronklik van Richardsbaai, was sedert 2009 die voorsanger in die groep DieFoute.

Hy het besluit om die sand en see vir die liggies van die Jakarandastad te verruil toe hy verlede jaar besluit het om ’n solo-loopbaan aan te pak.

Hy skryf al die afgelope drie jaar sy eie liedjies. Luisteraars kan maar vir eers hul sokkieskoene in die kas bêre, want dié sanger wil met iets heeltemal anders vorendag kom wat die hartsnare pleks van die bene roer.

“My lirieke is baie persoonlik, diep en eerlik. Dit kom byna net so uit my persoonlike joernaal. Ek wil graag hoop in mense se lewe insing en dié bemoedig wat deur swaar tye gaan,” sê Muller.

“Ek is moeg vir Afrikaanse musiek sonder enige emosie.

“Ek glo ek het meer om oor te sing as net geld, meisies en goeie tye,” voeg hy by.

Hy is lief vir “diep” en hartseerliedjies wat stories vertel van moeilike tye waardeur alle mense in hul lewe gaan.

“Sy klank kan beskryf word as Afrikaanse akoestiese elektro-folk,” sê sy bemarkingsbestuurder, Ilse de Beer.

Die sanger Bouwer Bosch van die groep Straatligkindersen Dans Dans Lisawas een van Muller se medeskrywers aan dié album.

Duette saam met sangers soos Retief Burger van die groep Luidkeels en Lindi Delport van die groep ANDERS is ook te hoor.

Hoewel Muller eers onlangs sy vlerke gesprei het om dié solo-album te maak, was hy al telkemale saam met Die- Foute op die kassie te sien.

Hulle het ook in die TV-program Kwêla verskyn, asook op die Afrikaanse musiekkanaal MK.

“Ek het ook al die verhoog met bekendes soos Bok van Blerk, Straatligkinders en Jan Blohm gedeel,” sê Muller.

; Besoek www.tshwanebeeld.com om na Muller se nuutste musiekvideo te kyk.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-06-20
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 10° - 17° icon
PTA 5° - 22° icon
JHB 2° - 21° icon
BLOEM -2° - 21° icon
DBN 9° - 24° icon
PE 9° - 18° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs