Tuisblad / Renosters mag nié soos dinosaurusse word

Uit kommer dat renosters nes dinosaurusse sal uitsterf het Ané Venter (12) en Zané Oosthuizen (12) van die Laerskool Anton van Wouw in Pretoria-Oos met ’n plan vorendag gekom om te help om renosters van uitwissing te red.

Te danke aan dié twee meisiekinders het verskeie skole betrokke geraak en geld ingesamel.

Hulle kon onlangs R17 000 aan die Rhino Action Group Effort (Rage)-projek oorhandig.

Ses skole waaronder die laerskole Garsfontein, Oost-eind, Monumentpark, Waterkloof Primary, Brooklyn Primary en Fred Magardie Primary was by dié projek betrokke.

Volgens Marica Botha, bemarkigsbestuurder van die Laerskool Anton van Wouw, het dié projek begin nadat Ané en Zané ’n skyfievertoning voorgelê het wat onder meer die statistieke van renosterstropery bevat het.

Die skool het die projek goedgekeur en binnekort het ander laerskole in Pretoria saamgespan om te help.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Sondag 2013-05-26
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 8° - 26° icon
JHB 6° - 24° icon
BLOEM 6° - 26° icon
DBN 16° - 28° icon
PE 11° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs