Sondag 20 April 2014
Tuisblad / Nuus / Kospakkies vir jong kankerlyers

 

In die klein eetsaal van die kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Nickus-huis in Pretoria drom vroue van verskillende ouderdomme, tale en velkleure saam. Almal met een ding in gemeen; elkeen van hulle het ’n kind wat kanker het.

Sowat 40 lede van die Christelike motorfietsvereniging (CMA) het onlangs 220 kospakkies aan dié huis, op die Steve Biko-akademiese hospitaal se perseel, oorhandig.

Hier word kinders van alle ouderdomme saam met ’n lid van hul gesin gehuisves en emosioneel ondersteun, terwyl hulle in die Steve Biko of ander nabygeleë hospitale behandel word.

Die Nickus-huis, wat amper drie jaar gelede sy deure oopgemaak het en 48 mense kan akkommodeer, is baie behoeftig en maak op donasies staat om die pot aan die kook te hou.

“Ons is vreeslik dankbaar vir die CMA se bydrae. Sonder mense soos julle sou ons dit nie gemaak het nie,” het Vera van Dalen, Kansa nasionale koördineerder vir kinderkanker- ondersteuning, gesê.

“Ons het baie goeie vriende weens kanker verloor. Wat kan ons vir dié mense se vriende en familie sê? Dis wonderlik om te sien daar is soveel mense wat bereid is om by te dra om ’n verskil te maak,” het Chris Yeomans, lid van CMA, gesê.

Volgens Van Dalen sterf ongeveer 1500 kinders en jongmense, tussen die ouderdom van nul en agtien jaar, jaarliks in Suid-Afrika weens kanker. “Een uit elke vier mense word deur kanker geraak en dit is net dié wat gediagnoseer word,” het Van Dalen gesê.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom