Saterdag 19 April 2014
Tuisblad / Nuus / Beroemdes in porselein

Porseleinpop-weergawes van bekende vroue soos Maria van Riebeeck, Emily Hobhouse en Anna Neethling-Pohl deur die beeldhouer en poppemaker Elize Johnsen word by die Voortrekkermonument in Pretoria uitgestal.

Johnsen, wat in 2008 oorlede is, het ’n graad in skone kunste aan Unisa behaal en jare lank as kunsonderwyser gewerk.

Wyle Marike de Klerk, voormalige presidentsvrou, het haar gevra om ’n Voortrekker-poppereeks te maak wat ook besigtig kan word.

Marli Weyer, ’n dogter van Johnsen, sê hulle is baie trots daarop om hul ma se handewerk op die uitstalling te sien.

Hulle is ook bly oor die hulde wat aan haar gebring word.

Volgens haar het Johnsen waarskynlik die lekkerste aan die Emily Hobhouse-pop gewerk. Sy het gewoonlik van foto’s en skilderye van bekendes, haar kinders en kleinkinders af gewerk en in baie poppe is duidelike familietrekke te sien.

Johnsen, wat in 1938 gebore is, het by internasionale meesters in poppemakery in Engeland, Duitsland en die VSA klas gekry.

Haar poppe is gereeld op internasionale gildeskoue vertoon waar sy onder meer die gesogte Blue Ribbon-toekenning gekry het.

Poppemakery verg omvangryke vakmanskap en Johnsen het tot drie maande geneem om een enkele pop klaar te maak.

Benewens die poppe kan die publiek ook ’n kykie kry op modes wat van die Middeleeue tot die 1990’s strek.

  • Die uitstalling is van Maandae tot Vrydae van 08:30 tot 15:30 oop en duur tot einde Desember. Vir meer inligting skakel 00123266770.
  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom