Saterdag 19 April 2014
Tuisblad / Artikels / ’n Blik op pianis Charl du Plessis

Die pianis Charl du Plessis vertel ’n bietjie meer van homself en verklap die resep om suksesvol in die vermaakbedryf te wees.

Waar in Pretoria woon jy?

In Colbyndie ou en versteekte klein woonbuurt langs Hatfield. Dis boomryk, veilig en stil.

Wat maak Pretoria vir jou spesiaal?

Die hoeveelheid teaters, musiek, kuns en natuurlik ook die internasionale gevoel met al die diplomatieke invloed in die stad.

Hoe lank is jy al in die vermaakbedryf?

Ek het begin toe ek 20 jaar oud was.

Dus is dit presies 15 jaar.

Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?

Die feit dat mense regtig genot put uit my CD’s en dat dit hulle lewe verryk.

Om deur my musiek só ’n bydrae te maak laat dit die moeite werd voel.

Is jy besig met enige projekte in Pretoria?

Ek is besig om my nuwe DVD te redigeer.

Pimp my Piano is klassieke musiek wat ek verwerk het om ’n rock en pop klank aan die bekende meesterstukke te gee.

Wie is jou gunsteling-musikante?

Juan Oosthuizen (kitaarspeler)

Werner Spies (kontrabasspeler)

Hugo Radyn (tromspeler)

As jy jouself in een word kan opsom, wat sal dit wees?

Gedrewe.

Watter stokperdjies beoefen jy graag?

Muurbal, swem en kook. Ek leer ook hoe om klaviere te stem.

As jy Pretoria in een word kon beskryf, wat sou dit wees?

Gemaklik.

Wat is jou raad aan voornemende kunstenaars?

Maak vir jouself werk. Moet nie agteroor sit en wag dat iemand anders jou nooi om op te tree of uit te stal nie. Wees jou eie baas.

Wat is die grootste uitdagings van jou beroep?

Om altyd met nuwe konsepte vorendag te kom en vars idees in musiek wat tog bekend is te probeer skep, soos in my CD Shanghai Brunch waar ek die klassieke treffers van Bach, Mozart en Beethoven voorberei het in ’n nuwe jazz-gedaante.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom