Sondag 20 April 2014
Tuisblad / Artikels / ’n Bietjie meer oor André Swiegers

André Swiegers is geen vreemdeling in die vermaakbedryf nie en na jare se ondervinding het hy goeie raad vir aspirerende kunstenaars.

Waar in Pretoria woon jy en hoe lank bly jy al hier?

Ek woon sedert 1987 in Faerie Glen in Pretoria-Oos.

Wat maak Pretoria vir jou spesiaal?

Pretoria is een van die min stede waar jy nog Afrikaans op straat hoor.

Wat mis jy meeste van die Jakarandastad wanneer jy uitstedig is?

Die kragonderbrekings. Nee. Die stilte in my huis.

Hoe lank is jy al in die musiek bedryf?

Sedert 1980. Ek het eers deeltyds musiek gemaak, maar die afgelope 14 jaar doen ek dit voltyds.

Wie is jou gunsteling-musikante?

Gordon Lightfoot, Cat Stevens, Bob Dylan, Leonard Cohen, Neil Young, Beatles, Rolling Stones, Red Hot Chili Peppers, Foo Fighters, Cold Play, John Mayer die lys gaan aan.

Jou gunsteling-resep?

Braaivleis en slaai.

Jou gunsteling-teater in Pretoria?

Atterbury-teater, Aula (Tuks), die Pierneef- en die Asbos-teater.

Jou gunsteling-fliek?

The Unbearable Lightness of Being en Bagdad Café.

Watter boek lees jy tans?

Ek hou veral van outobiografieë - op die oomblik lees ek Richard Branson se Losing my Virginity.

As jy jouself in een word kan opsom, wat sal dit wees?

Filosoof.

Wat is jou raad aan aspirantkunstenaars?

Moenie jou ma, tannie of niggie glo as hulle opgewonde raak oor jou talent nie!

Kry menings van mense wat voltyds in die musiekbedryf is.

Begin by stap nommer een: Leer om ’n instrument te speel.

Leer ook soveel as moontlik van die verskeie fasette in die musiekbedryf.

Wees dikvellig sonder om ’n houding te hê.

Wat is die grootste uitdagings van jou beroep?

Om dit wat my verbeelding en hart roer in woorde en musiek om te skakel.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom