Tuisblad / Nuus / Koei uit ’n gat gered

Die Tshwane-dierebeskermingsvereniging (DBV) het ’n koei, wat in die KwaMahlanga-omgewing noord van Pretoria in ’n gat beland het, van ’n gewisse dood gered.

Korky Levanon, woordvoerder van dié DBV, het gesê die Kungwini-tak het Sondag ’n oproep gekry oor ’n koei wat in ’n gat in Vaalbank, KwaMahlanga vassit.

Volgens Levanon het lede van die plaaslike polisiekantoor eers na die toneel gegaan waarna hulle die DBV ingelig het oor hoe “verskriklik” die situasie is.

’n Span inspekteurs van die DBV het Maandag na die toneel gegaan.

“Toe hulle daar aankom, het hulle ’n gat gesien wat sowat 5m diep is met die koei binne-in.”

Twee inspekteurs, Dumisane Ncube en Andrew Kekana het in die gat geklim om die koei te beveilig.

Insp. Shimmie Mashmaite het intussen die eienaar en en ander inwoners bymekaar gekry om die dier met die hulp van ’n houtpaal-driepoot en ’n katrol uit die gat te hys.

“Met almal se hulp is die koei vinnig uit die gat gelig.” Levanon sê die dier was baie gespanne toe sy in die gat was, maar is ongedeerd.

Volgens Levanon is daar verskeie ander sulke gate in die omgewing gevind met karkasse van diere in. Dit is nie bekend hoe die gate daar gekom het nie.

“Die kante van die gate is baie steil en verbrokkel maklik, wat dit baie gevaarlik vir mens en dier maak,” het sy gesê.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-06-20
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 10° - 17° icon
PTA 5° - 22° icon
JHB 2° - 21° icon
BLOEM -2° - 21° icon
DBN 9° - 24° icon
PE 9° - 18° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs