Donderdag 24 April 2014
Tuisblad / Artikels / Pretoria nét die plek vir Maarschalk

Elzette Maarschalk woon al langer as twee dekades in die Jakarandastad en is mal oor die “dorpsgevoel”, donderstorms en sonsondergange.

Waar in Pretoria woon jy en hoe lank bly jy al hier?

Ek woon sedert 1987 in Waverley, so dis nou amper 25 jaar!

Wat maak Pretoria volgens jou anders?

Die stad het ’n “dorpsgevoel”. Die mense is vriendelik en ek hou van die boomrykheid en koppies. Die verkeer is soveel beter as in Johannesburg.

Wat maak Pretorianers volgens jou anders?

Hulle is trots op hul stad. Soveel Pretorianers verkies om hier te woon en elders te werk. Hulle is ook baie lojaal en ondersteun mekaar!

Wat mis jy die meeste van Pretoria wanneer jy uitstedig is?

Die bome en sonsondergange.

Is jy tans besig met enige projekte in Pretoria?

Ek het onlangs twee vertonings van The Queen Experience by Joseph Clark by die Atterbury-teater vervaardig. Ons beplan nog drie vertonings in Oktober.

Watter teaters in Pretoria is jou gunsteling?

Die Atterbury-teater en die Staatsteater. Die Brooklyn-teater is ook baie lekker.

As jy Pretoria in een word kon beskryf, wat sou dit wees?

Tuiste.

Wat kwel jou oor die Jakarandastad?

Eerstens is daar te veel hawelose mense en te min sorg vir armes. Tweedens dat die Tshwane-metroraad nie al lankal huishoudelike herwinning ’n verpligting gemaak het nie. Dis so maklik. Indien die stadsraad dit nie doen nie, moet winkelsentrums verplig word om herwinningsdromme in hul parkeerterreine te hê. Dis tog hulle wat die verpakte ware versprei.

Waar rits jy oor naweke rond in Pretoria?

Ek rits nie rond nie ek bly tuis en probeer rus. Al wanneer ek naweke weg is, is vir werk, maar die meeste van ons werk is gelukkig in die week.

Wat is jou gunsteling-winkelsentrum en restaurant in Pretoria?

Die Brooklyn-winkelsentrum. En Puttanesca en Mimmo’s in Waverley is ons gunstelingrestaurante.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom