Donderdag 17 April 2014
Tuisblad / Nuus / Nuwe gesig in ‘Villa Rosa’

Jessica Lee Bothma (19) is onlangs as die wenner van die kykNET-Villa Rosa-kompetisie aangewys. Dié kompetisie is deur die Kolonnade Retailpark aangebied. Bothma sal as byspeler in Villa Rosa se Bakgat-restaurant optree en ook ’n dag saam met die akteurs op die stel deurbring. Bothma, wat inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria studeer, sê sy is vreeslik opgewonde. “Ek weet sommer dit gaan ’n wonderlike ervaring wees. My ouma is seker een van Villa Rosa se grootste aanhangers. Sy kan nie wag om my op die kassie te sien nie," sê Bothma.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Petrolprys
Raak die petrolprys jou sak?
Ja, ek sny my rieme al dunner.
Net 'n bietjie, maar ek kan dit nog hanteer.
Petrol is duur, maar dit raak my nie juis nie.
top
bottom