Artikels / 'Pretoriôners is nét ônders'

Die liedjieskrywer en sanger Piet van Wyk de Vries is lief vir die pragtige bome in die Jakarandastad.

Waar in die Jakarandastad bly jy?

Ek en my vrou, Wilmarli, bly in Rooihuiskraal in Centurion. Ek het in Meyerspark in Pretoria grootgeword.

Hoekom hou jy van die Jakarandastad?

Die verkeer is baie rustiger as in Johannesburg en ook die leefstyl. Dinge hier is minder gejaagd. Dit voel vir my meer soos ’n dorp as ’n stad.

Wat dink jy maak Pretorianers anders?

Al wat ek weet is: Pretoriôners is nét ônders.

Wat mis jy die meeste van jou ‘dorp’ wanneer jy uitstedig is?

Die bome. Ek is mal daaroor en dink ons het die mooiste bome. ’n Plek met min bome voel nie vir my soos my huis nie.

Wat is jou gunsteling-restaurant?

Enige soesji-restaurant waar jy self jou kos van ’n roterende band kan afhaal.

Wat doen julle gewoonlik oor naweke?

Naweke werk ons maar. Dis wanneer ek die meeste optree. Ek en Wilmarli werk albei van die huis af, so ons huis en werk is een. My naweke is gewoonlik op Maandae en Dinsdae.

Watter teaters in die Jakarandastad is jou gunstelinge?

Ek het twee. Die Atterbury-teater is een van my heel gunsteling-teaters en die mense daar voel al soos familie. Dan het ek onlangs by die opening van die Asbos-teater in Lynnwood opgetree. Dit was ’n wonderlike ervaring.

Hoe lank beplan jy om nog in die Jakarandastad te bly?

Tot ek doodgaan.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Vrydag 2013-05-24
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 9° - 20° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 6° - 23° icon
BLOEM 2° - 25° icon
DBN 15° - 24° icon
PE 13° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs